Kim Kardashian gaan ’n operasie ondergaan om die kanse te verhoog om ’n derde kind saam met haar man, Kanye West, te hê.

[caption id="attachment_140064" align="alignnone" width="600"]Kim Kardashian West (Foto: C.Smith/WENN.com) Kim Kardashian West (Foto: C.Smith/WENN.com)[/caption]

Die ster van Keeping Up With Kardashian, ma van ’n driejarige dogtertjie North en die 15 maande oue Saint, het gesukkel met vrugbaarheidskwessies en hoë-risiko swangerskappe, maar sy sê in ’n eersdaagse episode van die werklikheidsreeks sy oorweeg ’n operasie om weer swanger te kan raak.

“Ek moet my baarmoeder daarvoor gereed kry, omdat ek wil probeer om nog een baba te hê,” sê sy vir haar familie in ’n greep uit die eersdaagse episode wat Sondag in Amerika uitgesaai word.

“Ek moet ’n operasie aan my baarmoeder ondergaan om ’n holte voor te berei. Hulle moet dit skoonmaak en dan is daar littekenweefsel. Dit sal steeds ’n baie hoë-risiko swangerskap wees.”

kanye west

Pre-eklampsie, ’n gevaarlike toestand wat lei tot hoë bloeddruk en ander kwessies, is by Kim (36) tydens haar swangerskap met haar dogter North gediagnoseer, en sy’t gesukkel met vergroeiings van die plasenta aan die uteruswand toe sy met haar seun, Saint, swanger was.

Hoewel sy in albei gevalle kon sterf, is die werklikheidstelevisiester vasbeslote om voort te gaan met planne vir baba nommer drie.

“Dit gaan beslis ’n stryd wees om nog kinders te hê,” sê sy.

“Ek het al soveel deurgemaak met moeilike bevallings dat die dokters nie voel dis veilig om weer swanger te wees nie. Die operasie is een laaste ding wat ek kan probeer. Ek wil hê my kinders moet broers en susters hê en ek wil weet ek het alles gedoen wat ek kon om dit te laat gebeur.”

© Cover Media