Die 34-jarige werklikheidster het ’n eenjarige dogter, North, by haar rapper-man, met wie sy in Mei vanjaar getroud is. En nou wil sy hul gesin uitbrei.

“Ek sou graag wou. Ek probeer nou swanger raak,” het sy erken toe Richard Wilkins van die Australiese program Today Show vra of sy nog kinders wou hê.

Die ster van Keeping Up With the Kardashians het toe gespog oor hoe oulik haar eersteling is. Blykbaar het North reeds sang- en danstalent. “Sy woon elke week musieklesse by,” het Kim gesê. “Elke keer dat daar ’n liedjie speel, dans sy en probeer sy sing. As jy sing, sal sy probeer saamsing; dit is so oulik.” Sy het ook gepraat oor die motivering agter haar fotosessie vir die tydskrif Paper. Die gejaagde foto’s wat verlede week bekendgemaak is, het groot reaksie uitgelok. Maar vir Kim was dit om haar selfvertroue te herstel.

'Ek het ’n moeilike swangerskap gehad.'

“Ek het ’n moeilike swangerskap gehad; ek het baie gewig aangesit en het nie goed oor myself gevoel nie. Dit was moontlik ’n laagtepunt wat my selfvertroue betref,” het sy gesê.

Nadat sy ’n foto van haar gesien het waar sy agt maande swanger is, het sy haar voorgeneem om ná die bevalling gewig af te skud. Sy het die naakte fotosessie vooraf beplan as motivering om die gewig te verloor, en sy sê dit het wondere vir haar verrig.

“Dit het my bemagtig. Ek dink eintlik ek lyk nou beter as voor my swangerskap,” het Kim ingenome gesê. “Ek het meer kurwes, ek voel sexier en hoe ek voel, is die belangrikste. Ek het trots gevoel om met my liggaam te spog.”

© Cover Media