Kim en Khloé Kardashian het onlangs aan hul gesamentlike 32 miljoen Twitter-aanhangers gesê hulle soek ’n nuwe werknemers vir hul Dash-winekl in New York in Amerika. Die susters het getwiet: “Op soek na student met ervaring in vensterversiering vir DASHBoutique. Mode-studente is welkom om aansoek te doen! Moet in New York woon. Kontak careers@shopdashonline.com.”

Die werk behels dat jy as visuele winkelassistent werk en verantwoordelik is vir die voorkoms van die boetiek in Springstaat in Soho, Manhattan. Dis waarskynlik nie ’n werk waarvoor jy betaal sal word nie, maar wie gee om? Jy kry die kans om met die Kardashians uit te hang!

As jy dus jou modes ken en weet hoe om ’n winkelvenster goed te laat lyk, is dit dalk net die werk vir jou. Daar is net een probleempie: Jy sal New York toe moet trek, en dan styf duim vashou, nes die ander 32 miljoen mense wat gaan aansoek doen!

- Janine Nel