Hulle gaan sowat R3,5 miljoen daarvoor opdok.

Die paartjie – wat ’n 10 maande oue dogter, North, het – sal na verwagting volgende maand by die Louis XIV-kasteel in Frankryk afhaak en wil die eerste soen tussen prins William en hertogin Catherine ná hul troue naboots. Die balkon word opgerig sodat hulle voor aanhangers dieselfde kan doen. “ ’n Argitek het gesê dit sal R3,5 miljoen kos om ’n tydelike balkon te bou,” sê ’n bron. “Kim is mal oor die plek.”

Kanye beplan nog vieringe, waaronder ’n ete en skemerkelkies die aand voor die troue, en hy onderhandel om eksklusief albei die Eiffeltoring-restaurante, 58 Tour Eiffel en Le Jules Verne, asook die konferensiesaal te huur.

En wat drankies betref, het die rapper sowat R315 000 se sjampanje, sowat R262 000 se pinot noir-rooiwyn en selfs ’n Hennessey Beaute du Siecle-konjak bestel, wat teen sowat R2,1 miljoen per bottel die duurste wyn ter wêreld is.

“Hulle wil vir hul gaste ’n ware smakie van Parys gee. Kanye onderhandel nog om ’n skouspelagtige vuurwerkvertoning te hou wat die vuurwerke by die Olimpiese Spele in Londen sal oortref,” het die bron gesê.

Kim gaan drie rokke vir die trouvieringe dra. “Kim het haar laaste aanpas-sessie gehad, ook van ’n rok waaroor Kanye toesig gehou het oor die ontwerp by Givenchy,” het die bron aan die Britse uitgawe van die tydskrif Grazia gesê.