Die paartjie, wat vroeër vanjaar afgehaak het, het glo R5,3 miljoen aan ’n dubbelganger bestee om hul dogter van steelfotograwe te beskerm.

Volgens die Britse glanstydskrif Grazia is hulle diep bekommerd oor hoeveel aandag hul eenjarige dogter van fotograwe kry; hulle het dus drastiese stappe gedoen om North en haar oppasser ’n bietjie anonimiteit te gee.

“Kim en Kanye het die dubbelganger gehuur om North van steelfotograwe te beskerm. ’n Spesialisagentskap het in Los Angeles oudisies gehou en eindelik het hulle ’n kind gekry wat nes North lyk,” het ’n bron vertel.

Die tydskrif berig ook dat die paartjie ook ’n tweede oppasser gehuur het om fotograwe nog meer te verwar.

Terwyl dit vir ons nogal vreemd is, blyk dit in Hollywood ou nuus te wees!

North is nie die eerste glansbaba met ’n dubbelganger nie: Dit het verlede jaar aan die lig gekom Tom Cruise en sy eksvrou Katie Holmes het ook een vir hul dogter, Suri, gehuur om haar om dieselfde redes te beskerm

- Janine Nel

Bronne: mirror.co.uk, nydailynews.com