Die finansiële webtuiste Moneybags het onlangs ’n opname gedoen waarin hulle kinders se spaar- en transaksionele bankrekeninge by vier van Suid-Afrika se grootste banke vergelyk.

“Ons het bevind dat banke kinders min aansporing bied om te spaar,” sê Moneybags se redakteur, Angelique Ruzicka. “Die koste van ’n transaksionele bankrekening vir kinders in Suid-Afrika is hopeloos te hoof en ouers moet kinders leer om hul sake met sorg te behartig.

“Dit is die werklikheid wat spaar in Suid-Afrika betref. Jy kan nie spaar, deponeer of transaksies aangaan sonder dat die banke op die een of ander manier geld daaruit kry nie. Selfs produkte wat op kinders gemik is, hef geld op rekeninghouers. ’n Eenvoudige vergelyking van transaksionele en spaarrekeninge vir kinders (onder 18) wat deur die groot vier (Absa, Eerste Nasionale Bank (ENB), Standard Bank en Nedbank) gebied word, getuig daarvan,” sê Angelique.

Sy voeg by dat ouers versigtig moet dink wanneer hulle ’n rekening vir hul kinders kies, want afhangend van die soort rekening kan bankkoste sulke klein spaarbedrae kelder.

In die geval van byvoorbeeld ENB se Fluid Youth-rekening, het jy ’n minimum balans van R500 nodig, anders word daar maandeliks R8,50 vir saldo’s onder dit gehef. As ’n kind R50 gespaar het en dit in die rekening deponeer, sal daardie bedrag binne 10 maande op wees as daar niks anders gedeponeer word nie. “Trouens, jou kind sal R8 in die rooi wees,” noem Angelique. “Al manier om dit te omseil is as jy as ouer jou ENB-kaart daaraan koppel en hulle vra om die koste van jou rekening te verhaal.”

Banks - copy pic

Angelique glo kinders se bankrekeninge is nie eenvoudig genoeg nie. “Sal die ouers onthou om hul kinders te herinner aan die maandelikse verhaling wanneer hul saldo minder as R500 is? Sal die kind dit onthou?” Sy voeg by dat sy meen banke doen nie genoeg om kinders aan te moedig om te spaar nie.

“Die banke leer ons en ons kinders eerder dat dit duur is om te spaar en tegelykertyd toegang te hê tot jou geld. Maar banke skiet hulself in die voet. As hulle dit die eerste keer regkry en vroeg met jong kliënte begin omgaan, kan hulle hulle dalk lewenslank as kliënte behou.

Hier is Moneybags se topwenke vir wanneer jy kinderbankrekeninge vergelyk.

  1. Kyk altyd na die koste van geld onttrek en deponeer.
  2. Gebruik wanneer ook al moontlik aanlyn bankdienste. Probeer geld elektronies deponeer – dit is in die algemeen gratis. Leer ook jou kind hoe om die rekening te gebruik. Waarsku hulle hulle moenie geld oor die toonbank deponeer of onttrek nie – dit is baie duur. Leer hulle hul geld aanlyn bestuur.
  3. Kyk of jy die fooie na jou rekening kan herlei pleks dat dit van jou kind se rekening verhaal word en hul spaargeld verminder.
  4. Maak seker jou kind se transaksies word aan jou selfoon gekoppel sodat jy ’n ogie kan hou oor watter transaksies in jou kind se rekening plaasvind.
  5. Vergewis jou en jou kinders van die bank se reëls rakende die rekening – dit gaan jou in die langtermyn geld spaar.
  6. Leer jou kind oor rente en die waarde van geld spaar.
  7. Oorweeg ’n spaarplan wat meer rente bied of ander beleggingsprodukte as jy of jou kind nie toegang tot die rekening nodig het nie.
  8. Spreek ’n finansiële raadgewer vir raad oor die beste spaaropsies vir jou kind.
  9. Moenie jou kind in die donker hou nie; neem hulle saam na die bank of raadgewer sodat hulle kan leer oor geld en hoe spaar- of transaksionele produkte werk.

Klik hier vir nog inligting oor Moneybags en hoe om jou kind goeie finansiële besluite te help maak.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.