Maar die middernagtelike kuiergas wat deesdae studente in die Amerikaanse stad Boston terroriseer, is geen gewone inbreker of misdadiger nie.

Inteendeel. Dié skelm se buit is heel lagwekkend, want hy put ’n vreemde plesier daaruit om studente se voete te kielie terwyl hulle slaap.

Hy staan beken as die Boston Tickler en het al sowat 10 keer niksvermoedende studente in hul slaap lastig geval.

Luidens berigte maak die inbreker spore sodra sy slagoffers begin wakker word; daarom kon hy nog nie aangekeer word nie.

Dit blyk dat hy nie in sy slagoffers se besittings belangstel nie, want nog niks is gesteel nadat die Tickler toegeslaan het nie.

- Mieke Vlok

Bron: BuzzFeed