Nee, hulle is nie ’n tweeling nie. Yamily Vazquez en Edgar Pareves is in werklikheid ’n paartjie. Die 17-jariges, van Massachusetts in Amerika, het die internet op hol oor hulle so baie na mekaar lyk. Die herrie het begin nadat die verliefdes op die vier maande herdenking van hul verhouding ’n kiekie op Twitter gedeel het.

Die kiekies het blitsvinnig versprei en vir die ewebeeld-minnaars internet-roem besorg. Dit het hulle selfs aangespoor om ’n YouTube-kanaal te begin. Maar Edgar sê dit is glad nie die eerste keer dat mense op die ooreenkomste tussen hulle wys nie.

“Op foto’s wat ons saam neem, sal mense dit sê,” het hy aan Buzzfeed News gesê. “Maar in ons alledaagse lewe het mense daaraan gewoond geraak.”

Yamily het bygevoeg: “Ons het gedink [die foto] was snaaks, maar net gesê: ‘Oukei . . . mense gaan sê ons lyk eenders,’ maar dis al.” [caption id="attachment_166596" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: YouTube, Branch and Yams Foto: YouTube, Branch and Yams[/caption] Natuurlik het sarkastiese kommentaar oor hul verhouding gevolg. “Kan nie net foto’s plaas so saam met jou suster in die bed nie,” het ’n Twitter-gebruiker opgemerk.

A photo posted by @yams.world on

“Beste gesig-omruiling ooit ?,” het ’n ander een bygevoeg.

Maar die twee hou vol die bohaai op die internet bring hulle nie van stryk nie.

“Ek dink regtig nie ons lyk so baie na mekaar nie . . . maar daar is ooreenkomste,” het Edgar laggend gesê.

“Ons is glad nie familie nie!”

Bronne: Buzzfeed.com, MailOnline.co.uk