Die 42-jarige musikant, wat al voorheen voorspel het Justin (19) gaan die pad byster raak, het weer teen hom uitgevaar.

Hy het vir die omroeper Howard Stern (59) gesê: “Sê my as ek verkeerd is. Met Justin Bieber is dit 100 persent soos om van voor af na Vanilla Ice te kyk. Dis presies dieselfde.

“Die kind is jonk, hy het geld, hy het die wêreld in sy hande. Dis net nogal hartseer om hom op die afdraande pad te sien. Ons ken almal die storie. Ek het eerlikwaar meegevoel met die kind.”

Toe Howard daarop wys dat Vanilla Ice (nou 45) ’n eentrefferwonder was, het Kid geantwoord: “Sodra Bieber ’n treffer het, sal hy net soos Vanilla Ice wees.”

Kid Rock het voorheen teen die Baby-sanger uitgevaar en gesê roem sal op die ou end sy tol eis. Hy het voorspel Justin sal die donkerder kant van bekendheid aangryp.

Hy het gesê: “Dis net ’n kwessie van tyd voor iemand ’n groot lyn kokaïen voor Bieber plaas en hy gaan sê: ‘Ja! Dis ****** fantasties!’ ”