Khloé Kardashian is blykbaar nog nie reg om haar man te vergewe nie.

Die 29-jarige werklikheidstelevisiester van Keeping Up with the Kardashians-faam se huwelik van vier jaar met die basketbalspeler gaan deur diep waters ná bewerings dat hy dwelms gebruik en haar verneuk het. Sy het gesê sy glo nie Lamar (33) is desperaat om sy “ou lewe” terug te kry en dat hy sedert die begin van Oktober nugter is nie.

Khloé het Sondag ’n foto van ’n skildery met die woorde “You Get What You F*****g Give” in helderrooi ink op haar Instagram-blad geplaas. Sy het dit geplaas enkele ure nadat Lamar gewaar is op pad na ’n pre-Halloween-kostuumpartytjie in Los Angeles.

Ten spyte van hul huweliksprobleme dra Khloé en Lamar albei nog hul trouringe, wat dalk ’n aanduiding is dat hulle nog nie tou opgegooi het nie.

Lamar het onlangs skuld ontken op ’n aanklag van dronkbestuur. ’n Voorlopige verhoor is vir 8 November geskeduleer.