Kourtney en Scott het in 2006 begin uitgaan en het drie kinders saam: Mason (6), Penelope (3) en Reign (1). Tydens die onlangsste, emosionele episode van die werklikheidsprogram het Scott erken hy sou sy eie lewe geneem het omdat hy sy verhouding “geruïneer het” as dit nie vir sy drie kinders was nie. Terwyl Kourtney huilerig geraak het tydens die konfrontasie het haar jonger suster Khloé skepties gebly. Sy het Scott behoorlik gepeper met vrae en hom vuil kyke gegee. Op Twitter het sy by haar streng benadering gehou.

“Ek was letterlik sprakeloos toe Scott by #KUWTK instap,” het sy geskryf. “Ek verpes mense wat slagoffer speel. Aanvaar verantwoordelikheid, mense. Staan pa vir jou optrede #KUWTK
Terwyl Khloé onder Scott ingeklim het, het Kourtney stilgebly en net een keer gepraat. Die ster het geskerts as ’n man met een Kardashian-suster mors, moet hy almal trotseer. Lees ook: Khloé Kardashian is op 15 in hegtenis geneem “Hoekom is ek al wat praat?!” het Khloé op Twitter laat hoor. “LOL, ek kom nou agter niemand behalwe ek het iets gesê nie. Ha! Ek skat wanneer jy met een van ons uitgaan, gaan jy met ons almal uit.”

Buiten sy beweerde ontrouheid het Scott met verslawings geworstel, wat sy verhouding met Kourtney benadeel het. Tydens die episode het hy hart oopgemaak oor hoe alleen hy gevoel het nadat alles begin verbrokkel het.

Lees ook: Kim Kardashian en Kanye West onthul seuntjie se naam

“Ek woon alleen in ’n huis. Ek wil die foon optel en my ma en pa bel en vra: ‘Sê my, hoe de hel . . . pluis ek dit uit? Moet ek iewers heen gaan; moet ek iets doen?’” het hy sugtend gesê oor sy ouers wat onderskeidelik in 2013 en 2014 oorlede is.

“Dis nie so maklik as wat jy dink wanneer jy verslawingsprobleme het nie en . . . Ek is net baie skaam dat ek julle almal in die openbaar verneder het. Julle ouens het jare lank so baie vir my gedoen.

“Dit laat my voel ek kan nooit daarvoor vergoed nie.”

© Cover Media