Khloé Kardashian het haar huis vir dwelms laat deursoek nadat sy Lamar Odom uitgeskop het.

Khloé (29) het haar man in Augustus uit hul huis in Tarzana, Kalifornië, geskop. Hy het haar glo verkul en is verslaaf aan die pynverdower Oxycontin en kristal-kokaïen.

Sy het het haar huis vir dwelms laat deursoek om seker te maak sy raak nie betrokke by ’n dwelmverwante misdaad nie.

RadarOnline.com berig: “Khloé het ’n professionele persoon gehuur om die paleisagtige huis te deursoek nadat sy Lamar uitgeskop het. Sy wou nie hê die polisie moet met ’n lasbrief daar opdaag en op dwelms in die huis afkom nie. Sy kon as ’n medepligtige in hegtenis geneem word.”

Khloé wou ook nie hê daar moes dwelms in die huis wees ingeval Lamar terugkeer nie.