Khloé Kardashian se ma, Kris Jenner, was meer bekommerd oor haar dogter se kleredrag as die aanklag van motordiefstal toe sy net 15 jaar oud was.

Die werklikheidster bewandel weliswaar deesdae die smal weg, maar sy het met die jare meermale met die gereg gebots. Sy is in 2007 in hegtenis geneem weens dronkbestuur, maar haar probleme het lank tevore al begin. Die 31-jarige ster onthul nou sommige van die dinge wat sy tydens haar tienerjare aangevang het.

“Ek is aangekeer omdat ek my ma se motor gesteel het,” het sy gesê tydens ’n vraag-en-antwoordsessie met haar beste vriendin, Malika Hagg. Dis op Khloé se webtuiste geplaas.

‘Ek skaam my so vir jou"

“Ek is afgetrek. Ek was 15, en ek was agter die stuur van my ma se Range Rover, wat ek gesteel het om by ’n ouer seun te gaan kuier; dus is ek in hegtenis geneem en in die tronk gestop.

“Hulle het my ma gebel en ek onthou dat my ma, toe sy my kom oplaai, iets gesê het soos: ‘Ek skaam my so vir jou, en kyk na hierdie klere, wat op aarde het jy aan!’”

Dit was ook nie al voertuigverwante gebeurtenis waarby Khloé in haar jeugjare betrokke was nie; op ’n ander keer het sy Kris se motor bestuur en toe slaan dit aan die brand, wat nogal ’n paar probleme veroorsaak het.

Sy hou vol sy het die Range Rover “geleen” om ’n kêrel te beïndruk, maar toe die skoonmaakdiens dit gaan haal, was dit aan die brand.

“Dit sal moontlik nie beskou kan word as jou slegste afspraak nie; dit was een van jou slegste maande,” het Malika gelag.

“Ek kan nie glo ons het ons ouers se motors gesteel nie. Ek is veral geskok oor die feit dat ons so lank daarmee weggekom het voor hulle agtergekom het wat aan die gang was.”

Die twee het ook ’n bietjie ernstiger geraak en gesels oor wie die volgende president van Amerika moet wees. Khloé het erken dat, alhoewel sy ’n bewonderaar is van “die Trump-hotel”, sy nie seker is of die flambojante Donald Trump die beste president sal wees nie.

© Cover Media