Die 36-jarige ster het die afgelope ruk omtrent gespog met haar ferm lyfie en gereeld kiekies daarvan op Instagram gedeel.

Met drie jong kinders word Kourtney se aandag maklik afgelei van oefening, maar gelukkig sorg haar jonger suster, Khloe (31), dat sy nie kop uittrek nie. “Ek oefen met Khloe,” het Kourtney aan die Britse tydskrif Closer gesê. “Ons is oefenmaatjies en sy hou my op die regte pad. Ek noem haar 'Miss Motivator', want selfs wanneer ek moeg is en heelnag wakker was met een van my kinders, sal sy my jis skop en my by die gim kry! Sy’s my fiksheid-inspirasie.”

Daar is egter nog ’n rede hoekom Kourtney haarself so aan oefening toewy – sedert sy en haar jarelange kêrel Scott Disick, in Junie uitgemaak het, het die pragtige brunet haarself besig gehou met oefening.

Sy het vroeër vandeesmaand vertel die streng roetine het haar gehelp om die angstigheid oor die verbrokkeling van hul verhouding te verwerk en dat dit haar gedwing het om haar welstand te verbeter.

“Elkeen hanteer die moeilike tye in hul lewens anders,” het sy op haar webtuiste geskryf. “Ek is oor die algemeen nie ’n senuweeagtige mens nie, maar ek raak angstig. Ek raak ook naar en voel asof ek nie kan eet nie as dit baie erg raak, maar ek dwing myself om gesond te bly.

Lees ook: Jy en Hugh Hefner kan die Playboy-herehuis deel

“Ek het agtergekom dit help om te oefen. Ek probeer om vyf dae ’n week te oefen. Ek begin gewoonlik met ’n vinnige hardloopsessie of spring tou vir opwarming. Ek moet iets vinnig doen om werklik aan die gang te kom. En ek het beslis goeie musiek nodig.”

© Cover Media