Dis wat ’n Kersvader in Southampton en nog een in Brent Cross, Noord-Londen, nou inspan.

“Ons weet Kersfees is ’n bedrywige tyd vir Kersvader en ouers, en het toe besluit om hulle ’n bietjie te help en te kyk of kinders werklik soet of stout was om seker te maak niemand skiet spek nie,” het Katie Tucker, die bemarkingsbestuurder by Brnet Cross aan die Daily Mirror gesê.

“Die kinders by Brent Cross was baie eerlik en ons sien uit daarna om die kinders in Croydon en Southampton te toets en te kyk hoe hulle vaar!”