KERSTYD is ’n vrolike affêre in die huis van die 7de Laan-aktrise Melanie du Bois.

Manlief Reggie Botha het al vroeg in November die Kersboom opgerig en saam met die vyfjarige Roxy versier, en sommer ook sy Boney M-Kersmusiek uitgehaal.

Sedertdien weergalm die klanke van Little Drummer Boy en Jingle Bells onophoudelik deur hul huis.

En wanneer Kersdag by sy familie op Lichtenburg aanbreek, sal hy soos altyd saam met die kinders onder die Kersboom loer om te kyk of Kersvader nie dalk al ’n draai op die dorp gemaak het nie.

Teen daardie tyd sal hy en Melanie klaar die koekies en melk wat hulle elke jaar spesiaal vir Kersvader uitpak, skelm opgeëet het. En daar sal ’n hoop geskenke onder die boom wag, gereed vir die jong klomp wat nog die slaap uit hul oë vee.

Melanie – oftewel Felicity Daniels in 7de Laan – is nie die enigste Laner wat alles in haar vermoë doen om Kersvader ’n werklikheid vir die kinders te hou nie.

Ook in die huis van Bertha le Roux, oftewel Emma, eet die volwassenes gou Kersvader se koekies op voor die kleingoed wakker word.

En Hennie Jacobs, 7de Laan se Diederik Greyling, trek sommer self op Oukersaand ’n Kersvaderpak aan en deel geskenke uit.

Hy wil self ook nog in Kersvader glo, verklap die rooikop by Thaba Ya Batswana, ’n rustige oord in ’n natuurreservaat suid van Johannesburg, waa Huisgenoot ’n paar 7de Laners en hul gesinne met ’n vroeë

Kersfees bederf.

“Dit is so koel om te dink daar is ’n ou oom in die Noordpool wat geskenke maak,” sê hy.

Ivan Botha, die Laan se Pieter, stem saam. Hy kan nie wag om vanjaar vir Amélie (1), sy en Ciske Kruger se eersteling, haar geskenk te gee nie. Maar hy is ’n Kersvader met ’n verskil: een wat ewe vriendelik met al die

mammas is om seker te maak die kinders kry nie snuf in die gereg, maar die Kersmiddagete is by die klubhuis sodat hulle nie met skottelgoed opgeskeep sit nie.

Hennie se vrou, Marissa, hoop dat haar pa, Willem, hulle vanjaar gaan verras met ’n seekos-Kersete wanneer hulle by

hom op Empangeni in Kwa-Zulu-Natal gaan kuier.

“Voor die kleinkinders geboreis, is die geskenke altyd op Oukersaand uitgedeel. Deesdae gaan slaap die meeste van ons vroeg en ons maak die presente liewer Kersoggend oop voor ons kerk toe gaan,” vertel sy.

Een van die Jacobse se heel beste Kersfeeste was toe hulle in 2008 vir Hennie se broer, Ian, in Londen gaan kuier het.

“Ian het ons by die lughawe opgelaai en toe ons deur Londen se strate ry, het dit begin sneeu. Dit was baie spesiaal,”

vertel hy.

Vanjaar gaan hulle Kersdag op die strand onder die Afrikason deurbring en hulle kan nie wag om vir Nua (11 maande) die eerste keer te wys hoe die see lyk nie. Vir Kersfees kry sy ’n pienk skopkarretjie omdat sy binnekort sal begin loop.

Pappa Ivan is al agter die skattige Amélie aan. Die pragtige blondekop is duidelik nou in die stadium waar sy agter alles wat beweeg, wil aanloop. Daaromdat haar pa en akteurmamma neus oor wie nou eintlik agter die dik baard skuil nie.

Sien al die foto's en lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 30 September 2010