Christmas_snowballs

(Genoeg vir 6 mense)

Jou benodighede vir die nagereg:

  • 6 klassieke vrugtepasteie
  • 6 balle vanieljeroomys
  • 2 eiers
  • 2 L (8 k) vanieljeroomys
  • 90 ml (6 e) loperige heuning
  • ’n verskeidenheid vars bessies vir voorsit

Jou benodighede vir die meringue:

  • 6 eierwitte
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

Pak die pasteie en roomysballe apart op ’n bakplaat en vries 24 uur. Doen die volgende net voor jy die nagereg voorsit: Voorverhit die oond tot 240 °C. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker geleidelik by terwyl jy aanhou klits. Hou aan tot die mengsel dik en blink is en die suiker opgelos het. Klits die vanielje-ekstrak by. Sit ’n roomysbal bo-op ’n pastei en bedruip met die heuning. Bedek dit heeltemal met die meringue. Bak in die voorverhitte oond tot net goudbruin. Versier met die bessies en stuif versiersuiker oor. Verwyder die terrien 15 min. voor jy dit wil voorsit; doop dit in warm water om dit los te maak en sit op ’n dienbord.

Resep: Jenny Morris

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.