Aanhangers van die gewilde kykNET-kookprogram, Kokkedoor , hoef nie tot 2014 te wag vir heerlike voortsit-idees en onthoukos met ’n moderne kinkel nie. Net verlede week is ’n baie spesiale Kokkedoor-aflewering vir Kersfees op Prins Albert verfilm.

[caption id="attachment_59727" align="alignnone" width="600"]Tiaan Mynhardt doenig in die kombuis Tiaan Mynhardt doenig in die kombuis[/caption]

Wat nog lekkerder is, is dat bekendes van die eerste reeks ’n draai gaan maak. Tannie Poppie en haar spanmaat Rendal, Magda en Tionette, Theresa en Ida en die huidige kampioene, Tiaan en Mynhardt. Die deelnemer en Prins Albert-inwoner, Henry Olivier, kom gaan ook kos maak.

Beoordelaars Nic van Wyk en Hetta van Deventer-Terreblanche kook ook tydens die episode en aanbieder Mariëtta Kruger kry ook kans om die spreekwoordelike pot aan die kook te hou.

Kers Kokkedoor

“Ek dink mense gaan lekker Kers-idees vir tafelversierings en vir hul spyskaarte kry. Dit lyk asemrowend mooi en kykers moet dit beslis nie misloop nie,” sê Suzaan Keyter, die publisiteitsbeampte en woordvoerder vir Kokkedoor.

Volgende jaar in April vind ons eers uit wie die nuwe Kokkedore gaan wees. Hou Huisgenoot-dop vir nog besonderhede.

Loren Pienaar (@Loren_Pienaar)

  • Die spesiale Kokkedoor-aflewering vir Kersfees word uitgesaai op 18 Desember op kykNET kanaal 144 om 20:30 en herhalings op kykNET 24 Desember 20:00 en 25 Desember 13:00.