curry-lamb-sosaties

(Lewer 12 sosaties)

Vir voorsit:

Pap en kerriesous (sien resep onder)

Groenslaai

Vir die marinade:

4 uie, in kwarte gesny

vars suurlemoen- of lemoenblare

45 ml (3 e) gladde appelkooskonfyt

12 vars suurlemoenblare, gekneus

15 ml (1 e) borrie

90 ml (6 e) matige kerriepoeier

15 ml (1 e) worcestersous

125 ml (½ k) melk

30 ml (2 e) bruinsuiker

15 ml (1 e) fyn koljander

250 ml (1 k) appelwynasyn

1 duimpie vars gemmerwortel, in skywe gesny

5 ml (1 t) fyn kaneel

2 lourierblare

sout en peper

Meng al die bestanddele in ’n niemetaalbak. Skud die ontbeende skaapboud (wat in blokkies gesny is) in die marinade sodat elke stukkie bedek is en laat minstens twee dae (of tot vyf dae) in die yskas marineer.

Vir die sosaties:

2 kg Certified Natural-skaapboud, ontbeen en in 2,5 cm-stukkies gesny

24 droë appelkose

2 pakkies spek, in repe gesny

12 pikantrissies

vars suurlemoen- of lemoenblare

12 houtsosatiestokkies

Week die sosatiestokkies vooraf in kookwater tot die water afgekoel het. Ryg dan die lamsblokkies, uie van die marinade, spek, appelkose, suurlemoen- of lemoenblare en pikantrissies op die stokke. Sit terig in die marinade tot dit gebruik gaan word.

Braai oor warm kole tot buiteom bruin maar binne-in nog sappig en pienk. Giet die kerriesous oor die pap en sit voor saam met die sosaties en die groenslaai.

Matige, romerige kerriesous:

30 ml (2 e) olie

2 uie, in skywe gesny

15 ml (1 e) kerriepoeier

30 ml (2 e) meel

15 ml (1 e) suiker

30 ml (2 e) asyn

30 ml (2 e) perske- of appelkoosblatjang

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

knippie sout

Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte. Braai die uie en kerriepoeier tot die uie sag en deursigtig is. Voeg die suiker, asyn en blatjang by. Voeg die meel by en roer tot effe bruin. Roer dan geleidelik die aftreksel by. Laat 2 min. kook. Geur met die sout indien nodig.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.