Toe die Imgur-gebruiker jel2930 besluit om die groot vraag te vra, het hy presies geweet hoe om die spesiale oomblik onvergeetlik te maak.

Wel wetend dat sy vriendin ’n yslike aanhanger van Disney se Beauty and the Beast is (maar nou ja, wie is nie, nè?) het hy ’n werklik magiese plan uitgedink: om daardie ikoniese toneel uit die animasierolprent te laat herleef.

via GIPHY

“Dit is Cara, my beste vriendin en medepligtige,” het hy op die platform geskryf.

“Sy het altyd deur haar grootwordjare vir Belle uit Beauty and the Beast bewonder.” Maar hy het natuurlik dié rok nodig gehad ten einde die beroemde toneel te laat herleef.

via GIPHY
“[Dus] het ek besluit om vir haar die rok te maak om ooreen te stem met my huweliksaansoek.” En die uitslag is niks minder as magies nie.
’n Storie so oud soos die tyd

Wat nog meer verstommend is, is dat hy die rok self gemaak het “in ’n kelderverdieping met ’n goedkoop naaimasjien en ’n droom. En koffie. Baie koffie.”

“Ek het geleer (naaldwerk doen) vir hierdie projek. Soort van uitgebrand, so ek dink ek gaan my spoele vir ’n rukkie ophang.”

En Cara is, net soos Belle, baie lief vir boeke.

“Sy’s ’n aspirantbibliotekaresse, dus het sy gelukkig daardie aand genoem sy wil na ’n klompie boeke gaan kyk,” het hy geskryf ter verduideliking van die rede waarom hy ’n biblioteek gekies het as die plek om die jawoord te vra.

Soos jel2930 veelseggend opgemerk het: “Ligte, musiek, biblioteek, rok, ring. Kon niks meer verlang nie.”

via GIPHY