[caption id="attachment_159352" align="alignnone" width="600"]Foto: twitter.com/lauramariekerr Foto: twitter.com/lauramariekerr[/caption]

“Hei, Lau, ek het vir jou ’n verrassing,” het Jay geskryf in boodskappe waarvan Laura, van Noord-Ierland, later skermgrepe aanlyn gedeel het.

Toe sy hom daaroor uitvra, het hy te kenne gegee hy gaan haar op ’n romantiese vakansie na Parys en Barcelona wegvoer.

Die 21-jarige Laura was natuurlik in die wolke en het met boodskappe vol tikfoute en huilgesiggie-emoji’s gereageer.

Ongelukkig was die Parys en Barcelona waarna hy verwys het, nie die stede waaraan Laura gedink het nie . . . [caption id="attachment_170074" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: twitter.com/lauramariekerr PHOTO: twitter.com/lauramariekerr[/caption] [caption id="attachment_170075" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: twitter.com/lauramariekerr PHOTO: twitter.com/lauramariekerr[/caption] Sedert sy die snaakse boodskappe tussen hulle op Twitter gedeel het, is Laura oorval met vrae en kennisgewings.

Sy het intussen haar nuutgevonde volgers laat weet sy kan ’n grap vat en dat sy nie die poets teen haar kêrel hou nie.