Die pragtige brunet van Los Angeles is sedertdien onderwerp aan intense openbare ondersoek – en dit klink asof dit Harry woedend gemaak het.

Kensington-paleis het in ’n verrassend openhartige verklaring gekap na die behandeling wat Meghan kry, en terselfdertyd bevestig sy en die rooikopprins is inderdaad ’n paartjie. “Prins Harry is bewus van die hartlikheid wat lede van die publiek aan hom betoon het,” begin die brief. “Hy is ook bewus daarvan dat daar heelwat belangstelling in sy privaat lewe heers. Hy was nog nooit gemaklik hiermee nie, maar het probeer om ’n dik vel te ontwikkel oor al die mediabelangstelling wat daarmee gepaardgaan.”

#TBT to my solo trip to @sfhmembers #treatyourself #UK #sohohouse #farmhouse

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


Tot nou. “Sy meisie, Meghan Markle, is onderwerp aan mishandeling en teistering. Sommige hiervan was in die openbaar – beswadder op die voorblad van ’n nasionale koerant; die rassistiese ondertone in meningstukke en die blatante seksisme en rassisme van boelies in die sosiale media en kommentaar op webartikels.”

“Hy weet dit is ongewoon om so ’n verklaring uit te reik, maar hoop dat regdenkende mense sal verstaan hoekom hy gevoel het dis nodig om hom in die openbaar hieroor uit te spreek.” Die Britse media het verlede week berig die 32-jarige prins en die beeldskone Meghan (35), wat Rachel Zane in die Amerikaanse regsdrama Suits speel, is al ’n paar maande lank ’n paartjie.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


“Hy’s gelukkiger as wat hy in baie jare was,” het ’n bron na aan die prins aan ’n publikasie gesê en bygevoeg dat Harry “in ’n baie ontspanne tydperk van sy lewe is” en dat Meghan “op net die regte tyd” oor sy pad gekom het.

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on


Die twee het mekaar glo in Kanada ontmoet toe Harry in die land was om voorbrand te maak vir volgende jaar se Invictus-spele vir beseerde weermaglede wat in dié Noord-Amerikaanse land gehou sal word.

Meghan, wat in 2013 geskei het van haar man, die vervaardiger Trevor Engelson, woon in Toronto waar Suits verfilm word.

Lees meer oor Meghan in die jongste uitgawe van Huisgenoot, wat op Vrydag 11 November op die winkelrakke sal wees.