A photo posted by DHL Stormers (@dhlstormers) on

Nadat Heyneke Meyer uitgetree het, is wyd bespiegel oor wie dié belangrike pos gaan beklee.

Talle kenners meen dit gaan Allister Coetzee, destydse Stormers-afrigter, wees.

Allister het verlede jaar WP-rugby verlaat om die Japannese span Kobe Steel Kobelco Steelers te gaan afrig.

Lees ook: Bekende Sharks-rugbyspeler glo by kroeggeveg betrek

Die voormalige Springbok-rugbykaptein Corné Krige is oortuig daarvan Allister gaan die pos kry.

“Allister wil graag die werk hê en hy het die nodige ervaring om die Springbokke af te rig.”

Lees ook: Jy sal nie glo saam met watter superster Juan de Jongh in Brasilië ’n selfie geneem het nie!

Andrew (Tank) Lanning, ’n rugby-ontleder en voormalige redakteur van Sport24, stem saam met Corné.

“Hy pas in by die kriteria waarop Saru hul besluit gaan grond en hy is die enigste mens wat beskikbaar is.”

Andrew meen Saru sloer om die aankondiging te maak omdat Allister sy eie bestuurder en span wil kies en Saru geweier het.

Andrew sê die kieserskomitee gaan nie net ervaring in ag neem as hulle hul besluit neem nie, maar gaan ook iemand soek wat transformasie kan toepas.

Lees ook: Rugbyreus en ‘towenaar’ Fourie du Preez hang sy stewels op

“Die ideale kandidaat sal ’n 50/50-rassespan moet handhaaf en bestuur,” sê hy.

Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru),het aan Netwerk24 gesê Heyneke Meyer se opvolger sal binne die volgende twee weke bekendgemaak word, maar hy het nie enige name genoem nie.

Oregan het dié aankondiging gemaak nadat die aanstelling deur Saru se hoofraad goedgekeur is.

• Die bok-breier sal op 12 April amptelik op ’n mediakonferensie bekendgemaak word.

– Jacques Myburgh

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Gasontploffing ruk Franse hoofstad

Kyk: Toeriste laat spaander toe boot hawemuur tref

Tragiese dood van skool se ‘gelukbringer’ ruk gemeenskap

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

Vrou wat ‘bang was vir kos’ leef drie jaar lank net van braaihoender