Dis ’n jammerlike en ietwat verwilderde figuur wat ongeskeer en in ’n sweetpakbroek by die hof in Suidoos-Londen aankom, amper asof hy nie deur die dag kan kom nie.

Dit is hoe Shrien Dewani (31) nou lyk, maar ’n voorste gedragskenner en lyftaalkundige sê sy foto’s vertel ’n ander storie . . .

By die Belmarsh-landdroshof doen Shrien sy bes om nie aan Suid-Afrika uitgelewer te word nie – hy dreig tot met selfmoord as dit sou gebeur.

In ons land staan hy tereg op aanklagte van gewapende roof, sameswering, ontvoering en die moord op sy vrou, Anni (28), verlede jaar.

Maar hy ontken dat hy die baasbrein was of enigiets te doen gehad het met die moord op Anni toe hulle verlede November op hul wittebrood in ’n Kaapse township gekaap is. Hy beweer trouens haar dood het hom erg getraumatiseer.

Maar kan ons hom glo?

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot onthul kenners die waarheid agter Shrien se lyftaal.

Lees meer in die uitgawe van 28 Julie.

Volg Huisgenoot op Twitter.