Volgens ’n verklaring van Netcare911 was die man besig om te te bestuur toe hy geskiet is. “Die voertuig het van die pad af gery en toe langs ’n suikerriet-plantasie tot stilstand gekom.”

Die voorval het omstreeks 16:45 by Millview Farm naby Shakaskraal gebeur, sê Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Thulani sê die 45-jarige man is in die regter bobeen deur onbekende verdagtes geskiet. Die boer is na ’n nabygeleë hospital geneem vir mediese sorg.

Volgens Thulani is die motief vir die voorval nog onbekend.

“’n Saak van poging tot moord word deur die Umhlali-polisie ondersoek.”

Volgens Thulani is ’n ander 53-jarige boer Vrydag in die vroeë oggendure op die Glower Oer-plaas aangeval. Dié boer is met ’n skerp voorwerp gesteel en daarna doodgeskiet deur onbekende verdagtes.

“Sy vrou het ook steekwonde opgedoen en is na ’n hospitaal geneem.”

Vuurwapens is glo tydens die aanval gesteel, maar dit is nog nie bekend hoeveel vuurwapens nie.

“Sake van moord en poging tot moord word deur die Thornville-polisie ondersoek.”

Thulani doen ’n beroep op mense wat meer inligting het, om na vore te kom. “Skakel die plaaslike polisiekantoor of bel Crime Stop by 08600 10111.”