Oor model wil wees: “Ek wou dadelik begin, maar was nog te jonk en wou nog jongmensgoed doen. Ek moes eers self groei . . . Ek het grootgeword in die kollig en wou net ’n kind wees, selfs net vir ’n kort rukkie.”

Oor verhoudings: “Ek is nie ’n verhouding nie; daarom pla dit my nie regtig om te toer nie, maar ek sien altyd daarna uit om huis toe te gaan. Toe ek jonger was, sou ek my pa bel en smeek om my by ’n oorslaappartytjie te kom haal.”

Oor haar persoonlike styl: “My jonger sussie Kylie kan elke dag ’n wonderlike uitrusting bymekaarsit en dit werk vir haar. Jeans, stewels en miskien ’n baadjie pas my beter. Soms sal jy my sommer in ’n sweetpakbroek vang.”