rs_634x1024-140104101359-634_Harry-Styles-Kendall-Jenner-Snowboarding-Mammoth-Dating_jl_010414_copy

Uitgevang! Kendall Jenner, die halfsuster van Kim Kardashian en Harry Styles, die Britste popster en tienersensasie, is oor Nuwejaar afgeneem waar hulle teen die hange van die Mammoth ski-oord in Kalifornië baljaar.

Dié twee ontken al geruime tyd gerugte hulle is ’n paartjie, maar dié foto wys daar is tog iets aan die broei. Soveel te meer oor dit die tweede keer in een week is dat hulle saam opgemerk is.

In ’n onlangse onderhoud met die geselsprogramaanbieder Piers Morgan wou Harry nie kommentaar lewer oor sy vriendskap met Kendall nie. Toe Piers hom oor haar pols, het hy net skalks geantwoord: “Ek weet nie.”

Saamgestel deur Almari Wessels

BRONNE: Perez Hilton, The West Australian, E! Online