ID dief

Nee, dis nie ’n toneel uit ’n fliek nie! Dis presies wat in ’n bank op Middelburg, Mpumalanga, gebeur het, vertel die privaat speurder Martin du Plessis wat dié geval van identiteitsbedrog ondersoek.

“Dis die grootste bedrag waarvan ek weet wat deur identiteitsbedrog gesteel is,” glo Martin.

Op sekuriteitskameras van die bank het Martin dié foto van die man wat bloot die bank binnegestap, met ’n vervalste ID en die regte rekeningnommers R4,5 miljoen kontant uit 'n familietrust getrek het, aan die media uitgereik.

Die man, met kort donker hare en 'n prominente neus, dra 'n wit hemp. Die kamera het sy profiel afgeneem.

“Die geld is van ’n bekende sakeman in Johannesburg gesteel. Hy wil naamloos bly en het gevra ek moet die saak ondersoek. Gelukkig is hy verseker en het hy sy geld terug, maar sy identiteit is gesteel. Hoe het die man aan al sy inligting gekom? Die verdagte het bloot die bank binnegestap, die reuse bedrag getrek, buitentoe geloop en is weg met die geld.

“Die voorval het op 18 Oktober gebeur. Die man word verbind aan 'n sindikaat, en na bewering kan hy met talle soortgelyke sake verbind word.”

“’n Mens stap nie net in ’n  bank binne en trek soveel kontant nie. Jy het baie inligting en bewyse nodig: identiteitsnommers, selfoonnommers, trustrekening name en -nommers en toegang tot vorige rekenings.

“Hoe het hy geweet daar is soveel geld in die rekening? Die moontlikheid dat iemand van binne die bank hom gehelp het, word ook ondersoek.”

Martin wou nie die naam van die bank bekendmaak nie.

Enigiemand wat die man herken of wat inligting oor die saak het, kan hom bel by 071-586-1123.

Dan