A post shared by Viviana Ross (@iamvivianaross) on

’n Pel het aan die koerant gesê Orlando het eerste flikkers gegooi nadat die seksuele aantrekkingskrag tussen hom en die sexy Viviana tydens sy verblyf van vyf dae daar opgebou het.

Hy het haar na sy hotelkamer genooi vir ’n drankie, en daarna het dinge tussen die twee witwarm geraak . . . Maar dit het in trane geëindig vir Viviana, wat self droom van aktrise word. Toe haar bestuurder haar die volgende dag in die akteur se kamer betrap nadat hy weg is vir ’n vroeë afspraak, is sy dadelik in die pad gesteek en daarvan beskuldig dat sy “oorvriendelik raak met kliënte”. Die vriend sê Viviana was “seergemaak”, maar het nie die nag van “ongelooflike seks” berou nie.

When the night is young. ? #london #goodvibesonly

A post shared by Viviana Ross (@iamvivianaross) on

“Sy het ’n ongelooflike tyd gehad. Hy het ’n baie mooi lyf en hy was uitstekend in die bed.”

Toe Orlando, wat laas romanties verbind was met Katy Perry, hoor van die afdanking, het hy glo haar nommer gekry en gebel om te hoor of sy oukei is – en ook om jammer te sê.

“Hy is ’n ware heer en het regtig geen benul gehad van wat gebeur het nadat hy die hotel verlaat het nie,” het ’n bron vertel en bygevoeg die twee “het nie verwag dat dit meer moes wees as wat dit was nie.”

Bronne: The Sun, Mail Online