Sharon en Ozzy Osbourne se 31-jarige dogter, Kelly, het haar ma ondersteun toe sy ’n selfie op Instagram deel waarin sy ’n suurlemoen vashou. “Raai wie verander [suurlemoen emoji-ikoon] in #suurlemoene?” het sy by haar inskrywing geskryf.

A photo posted by Kelly Osbourne (@kellyosbourne) on

Dit was net nadat Sharon op die geselsprogram The Talk self haar keel nat gemaak het met ’n glasie limonade voor die internet weer op hol gegaan het. Lees ook: Sharon skop glo vir Ozzy uit ná huwelik van 34 jaar Terwyl sy haar limonade drink, het die televisieaanbieder oor haar egskeiding van Ozzy gepraat en sê sy is nog onseker oor wat sy wil hê.

“Eerlikwaar, weet ek nie wat ek wil hê nie.”

Is dit blote toeval dat hulle suurlemoendrankies en suurlemoene geniet? Miskien nie.

Die sangeres Beyoncé het onlangs met haar nuwe album, Lemonade, opslae gemaak toe dit aan die lig kom dat die tema van Lemonade ontrouheid en versoening is.

Lees ook: Sharon Osbourne het Ozzy TWEE keer met kinderoppassers in die bed gevang

En toe Sharon aan haar limonadedrankie slurp terwyl al die ander aanbieders hul koffie geniet, was dit duidelik ’n verwysing na Beyoncé se album oor ontrouheid.

Sy het op die geselsprogram bevestig sy het Ozzy aanvanklik uit hul Beverly Hills-herehuis die huis geskop, maar toe het Ozzy daarheen teruggekeer en op sy beurt vir Sharon uitgeskop.

“Hy’s terug en ek is uit die huis uit,” het sy bevestig.

Bronne: usmagazine.com, mirror.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Eva Mendes en Ryan Gosling verstom die wêreld met verrassende nuus

Justin Bieber se ongewone nuwe tatoeëermerk is ‘deel van sy reis met God’

Kan jy raai watter belaglike Justin Bieber-foto die meeste ‘likes’ op Instagram het?

Britney Spears bring roerende hulde aan haar seuns