Die 29-jarige aanbieder het die nuus op haar Instagram-blad met haar aanhangers gedeel. Sy het ’n foto geplaas waarop sy in ’n hospitaalbed ’n plakkaat vashou waarop staan: “Hoekom is ek in die hospitaal.”

'Gaan dokter toe wanneer jy hoes, anders kom jy dieselfde oor as ek!'

Sy het die foto die volgende byskrif gegee: “Gaan dokter toe wanneer jy hoes, anders kom jy dieselfde oor as ek! #Pneumonia.”

Haar aanhangers het haar gou beterskap toegewens op Instagram.

Kelly het ’n moeilike week beleef sedert haar Fashion Police-medeaanbieder en goeie vriendin Joan Rivers op lewensondersteuning geplaas nadat sy tydens ’n roetine-operasie ophou asemhaal het. Joan is Vrydag oorlede.

Kelly het alles moontlik gedoen om Joan te ondersteun terwyl sy om haar lewe geveg het.

Verlede week het Kelly op Twitter geskryf: “Ek het vir die eerste keer in jare op my knieë gegaan en gebid! Ek moedig julle aan om dieselfde te doen vir my ouma @Joan_Rivers! #inconsolable.”

Na berigte is dit nie die eerste keer dat Kelly die siekte opdoen wat swelling van die longe veroorsaak nie.

Blykbaar het sy die siekte oor Paasfees in 2008 in Los Angeles gehad en aan die paparazzi erken sy voel “aaklig” terwyl sy in ’n mediese sentrum was.

“Sy het verskriklik gelyk. Baie broos en sonder grimering,” het ’n bron destyds gesê.

Verlede jaar is Kelly in die hospitaal opgeneem nadat sy ’n toeval gekry het terwyl sy ’n episode vir haar trefferprogram Fashion Police op E! verfilm het.

Sy het toe getwiet: “Dankie vir jul mooi wense. Ja, ek het ’n toeval gehad. Hulle probeer nog uitpluis waarom.”

© Cover Media