. Kelly, ’n mede-aanbieder van Fashion Police, het onlangs die werklikheidstelevisiester (32) se ooievaarstee bygewoon en nou ook vir haar vriendin in die bres getree.

’n Aanhanger het Kelly (28) tydens ’n vrae-en-antwoordsessie op die tydskrif Cosmopolitan se Twitter-blad gevra: “Jou vriendin Kim is regdeur haar swangerskap as vet beskryf. Wat dink jy daarvan?” Kelly het geantwoord: “Ek dink dis betreurenswaardig om enige swanger vrou vet te noem!”

Kelly het ook vertel wat sy doen om te keer dat die kritici haar onderkry. “Mense wat lelike goed kwytraak, sê gewoonlik eintlik wat hulle van hulself dink.”

Tog het sy verlede jaar ’n hou in Christina Aguilera (32) se rigting gemik toe dié gewig aangesit het. “Dalk is sy net besig om die vet t*** te word wat sy bestem was om te wees. Sy was ’n t*** teenoor my. En sy het my huis gekoop! Sy het my vir soveel jare vet genoem. *** jou! Jy is ook vet.”