“Ons het amptelik uitgevind ons gaan ’n dogtertjie hê! Ek het dit geweet! Net ’n meisie sal soveel drama met al die naarheid veroorsaak. Ha!”

Kelly, wat vier maande swanger is, het voorheen getwiet oor hoe sy sukkel met oggendnaarheid. “Dames, wanneer jy swanger en so siek soos ’n hond is, glo my as ek sê, iets wat jy wel kan binnehou, is gebakte aartappels #godblesspotatoes.”

Sy het ook by ’n foto van haar honde geskryf: “Het nie een keer weens swangerskap opgegooi terwyl ek met my honde gaan stap het nie #smallvictory #TMI.”

Kelly (31) het ook al vantevore gesê sy hoop haar baba is “mollig” omdat sy dink dis oulik. “Ek wil mollige babas hê. Ek is mal oor mollige babas. Ek wil hul mollige armpies en bobeentjies hap. Hulle is so oulik!”

Kelly en Brandon, wat ’n 12-jarige dogter, Savannah, en sewejarige seun, Seth, uit ’n vorige verhouding het, het ’n paar name in gedagte vir hul kleinding, maar wil nie verklap of dit tradisioneel of modern is nie. “Ons gaan besluit op ’n bietjie van albei. Ons hou dit in die familie, maar doen ook iets koel vir onsself.”