Kelly Clarkson sê sy verwag haar eerste kind.

Die 31-jarige sangeres het Dinsdag op Twitter gesê sy en haar man, Brandon Blackstock, verwag hul eerste kind saam.

Die oorspronklike American Idol-kampioen sê in haar twiet die baba is die “beste vroeë Kersgeskenk ooit”.

Kelly se reklameagent, Mika El-Baz, het die inligting later bevestig.

Kelly en Brandon is verlede maand getroud. Brandon is die seun van Kelly se bestuurder, Narvel Blackstock, en die stiefseun van Reba McEntire. Hy bestuur die country-ster en haar goeie vriend Blake Shelton.

Brandon het wee kinders uit ’n vorige huwelik. Dit baba se verwagte geboortedatum is nog nie bekend nie.

- SAPA

Sapa