Die sangeres en haar man, Brandon Blackstock, het ’n agt maande oue dogter, River Rose. Kelly is ook stiefma vir Brandon se seun en dogter uit ’n vorige huwelik.

Die ster se onderwyser-ma en ingenieur-pa het haar in Texas grootgemaak en sy het roem verwerf toe sy die eerste reeks van American Idol in 2002 gewen het.

Die 32-jarige is dol oor optree, maar is huiwerig om klein River Rose aan te moedig om in haar voetspore te volg.

“O, nee!” roep sy uit toe ons haar vra of daar dalk ’n loopbaan in die vermaakbedryf vir die oulike meisie voorlê.

“Ek is nes enige ma; ek wys graag foto’s (van haar). Dis ’n baie taai bedryf. Danksy my opvoeding kan ek dit hanteer, maar sy sal ’n baie verskillende opvoeding hê, meer beskermd.

“Dis ’n moeilike werk om baas te raak en baie mense doen dit nie juis goed nie. Baie min mense hanteer dit goed. Ek sou eerder wou hê dat sy iets anders doen. Maar as sy dit wil doen, sal ek nie omgee nie. Sy sal dit waarskynlik wil doen omdat ek nie wil hê sy moet nie!”

© Cover Media