Kelly Clarkson wil kinders by haar verloofde hê.

Die Catch My Breath-sangeres en Brandon Blackstock is verloof en woon saam met sy twee kinders. Kelly het nou vertel hulle wil hul eie kinders hê.

Sy het aan People gesê: “Ons woon saam. Ons het ’n huis saam. Ons het twee kinders wat by ons woon. Ons is reeds in ’n sekere opsig ’n gesin.”

Kelly het vervolg: “Wanneer jy trou, is dit amptelik. Jy begin met ’n gesin. Ons wil nog kinders hê en is opgewonde daaroor. Dis seker die beste deel; dis ’n nuwe hoofstuk in my lewe.”