Kelly Clarkson dink Selena Gomez is “een van die mooiste” mense in die wêreld.

Die Catch My Breath-sangeres (31) het onlangs getwiet: “Liewe Selena Gomez, jy is by verre een van die mooiste, sexyste, stylvolste dinge op die planeet. #Goddidgood #texasgirls (sic)”

Die gawe woorde kom nadat die Spring Breakers-aktrise (21) verlede week op die MTV Video Music Awards verskyn het.

Maar Kelly het nie vir almal by die geleentheid soveel lof gehad nie. Sy het twee deelnemers aan die geleentheid as “pitchy strippers” uitgekryt. Hoewel Miley Cyrus (20) onder hewige kritiek deurloop oor haar opspraakwekkende vertoning, het die voormalige American Idol-wenner haar nie spesifiek geteiken nie.

Kelly het net gesê: “Pas ’n paar optredes van gisteraand se VMA’s gesien. 2 woorde . . . #pitchystrippers. (sic)”

Ongeag van wie die teiken van haar kommentaar was, het ’n goeie vriendin van die Hannah Montana-ster tot haar verdediging gekom. Cheyne Thomas het getwiet: “Kelly Clarkson het Miley ’n pitchy stripper genoem. Dink julle sy is vies omdat haar laaste paar enkelalbums ’n mislukking was en sy nie genooi is om op te tree nie? En sy is vet en 30 . . . die redes waarom Kelly Clarkson bitter is, kan regtig die hele dag aanhou.”