Die Daily Mail berig die modewêreld is verdeeld oor die interessante rok waarmee Keira die modehuis Chanel se vertoning by die Paryse modeweek bygewoon het.

Met die uitrusting se lospassende bostuk, uitklokromp en styfpassende swart middel het die skraal aktrise se reeds piepklein middeltjie selfs kleiner vertoon.

Die moderedakteur van Femail het aan die Daily Mail gesê Keira neem die illusie-rok, ’n modeneiging waar klere met donker panele vroue skraler laat lyk, tot ’n heel nuwe vlak.

Sielkundiges meen jong meisies kan selfbeeldprobleme ontwikkel omdat aktrises soos Keira ’n besonder dun middel as die norm voordoen.

“Dit is Keira se natuurlike liggaamstipe. Sy stoor nie vet in haar bolyf nie.

“Die probleme begin wanneer jong meisies na sulke foto’s kyk en ook so ’n lyf wil hê, selfs al is dit nie hul liggaamsbou nie,” het die selfbeeldkenner Marisa Peer aan die Daily Mailgesê.