• Oor haar jongste album, Warrior, sê sy: “Party mense was nie seker of ek kon sing nie. Met die album het ek gesê: ‘Kom ons los die foefies en laat ek sing.”
  • Die 26-jarige gaan haar memoir, My Crazy Beautiful Life, uitreik. “Dis glad nie alles net glansryk en mooi nie, maar dis opreg,” sê sy.
  • Sy het bewys dit werp vrugte af as jy veg vir jou drome ongeag wat jou omstandighede is. “Ek was drie jaar gelede een van die goorste kelnerinne in Los Angeles en nou het ek ’n kans om my kindertydse drome uit te leef om my liedjies vir mense regoor die wêreld te sing.”
  • Sy ry ’n 1978 goudkleurige Pontiac Trans Am en is dol daaroor!
  • Sy het ’n flessie van haar eie bloed aan die rockers The Flaming Lips geskenk vir ’n album waaraan hulle saamgewerk het. Wayne Coyne van The Lips sê sy idee was om “’n album te probeer maak wat almal wat daaraan gewerk het se bloed bevat”.
  • Een van haar gunsteling dinge om te doen, is om haar tatoegeweer uit te haal en tatoes vir haar en haar vriende te maak!
  • Justin Bieber het sy Beliebers, Gaga het haar Monsters en Kesha haar Animals (dit verwys na haar album, Animals, wat in 2010 uitgereik is).

BRONNE: BILLBOARD.COM, ROLLINGSTONE.COM, NOVAFM.COM