Hulle is ’n slim klomp, dié vierstuks studente van die Noordwes-universiteit in Potchefstroom. Almal is druk besig met hul onderskeie grade, party al nagraads. 

Maar moenie dink hulle is bleeksiele nie, want as klasdraf vir die dag klaar is, is dié manne die progressiewe rock-band Winterstasie, en as hulle speel, is die musiekkrane wyd oopgedraai: Die kitare loei opruiend terwyl die tromme ’n totale aanslag op die sintuie uitvoer met liedjies soos Outokrasie van die Hart en Los My, wat albei op die treffersparades woel.

Vroeër vanjaar het hulle gekook toe hulle die liedjie Skryf Jy Liefde? opgeneem het vir die Huisgenoot-Liedjie­skryfkompetisie. En die toekennings bly ook nie agter nie . . .

Dankie tog hulle het mekaar destyds in 2007 hier op die kampus ontmoet – toe hulle nog almal eerstejaartjies met ’n intense passie vir musiek was.

Vir dié wat nog nie van Wintersta­sie gehoor het nie, het Ruhan raad: “Kry die album Klanke van die Antieke Beproewing, draai die volume kliphard oop en ontdek kultuur van ’n ander kleur!”

Leer ken dié slimkop-rockers van nader in Tempo Somer 2011/2012 wat nou op die rak is.

Volg Huisgenoot op Twitter.