Die eerste lusmaker-lokprent van die langverwagte uitloperrolprent in die Harry Potter-sage, Fantastic Beasts and Where to Find them, is pas uitgereik.

Koue rillings loop teen jou ruggraat af wanneer een van die karakters in die lokprent fluister: "Yesterday, a wizard entered New York with a case full of magical creatures – and unfortunately some of them have escaped."

Lees ook: Oe-la-la kyk net só 'n sexy Tarzan!

Hierdie is beslis dié fliek om na uit te sien in 2016! Hoewel die eerste lusmakertjie kort is en min besonderhede van die storielyn verklap, kry ons reeds 'n eerste indruk van Eddie Redmayne as die towenaar en ook van die magiese dierekenner, Newt Scamander.

Kyk ook: Eerste kykie na die nuwe Afrikaanse rolprent Vir Altyd

Die fliek is deels geïnspireer deur 'n boek deur dieselfde skrywer as die ontsettend gewilde Harry Potter-reeks, J.K. Rowling. Sy het self die draaiboek vir die nuwe fliekweergawe neergepen.

Besonderhede van hoe presies dit by die oorhoofse towerwêreld gaan inskakel, is nog soek, maar ons weet wel dat Colin Farrell, Katherine Waterston, Alison Sudol, Dan Fogler, as Graves, Samantha Morton en Ezra Miller daarin verskyn.

Die fliek sal na verwagting in November 2016 uitgereik word.

Kyk hier na die lusmakertjie:

Bronne: time.com, E! Online