IT was ’n gesig en ’n gevoel wat Shane de Beer nooit sal vergeet nie: Die vlamme wat vernietigend aan sy huis lek – en die verskriklike wete dat sy vrou, Monica, en hul twee kinders, Rogan (4) en Milla (2), steeds in die brandende huis vasgekeer is...

Hierdie nagmerrietoneel het hom twee weke gelede in Johannesburg afgespeel toe ’n foutiewe lig in die De Beers se sitkamer in hul huis in Orchards ’n brand veroorsaak het.

Toe Shane (36) wakker skrik, was die huis reeds met rook gevul en hy moes deur ’n venster ontsnap. Maar Monica (35) en die kinders was nie so gelukkig nie...

Nooddienswerkers moes keer dat ’n besete Shane by die inferno instorm in ’n hopelose poging om sy vrou en kinders van ’n vlammedood te probeer red.

Die ongeluk het net weer gewys hoe maklik ’n brand kan ontstaan, met tragiese gevolge vir jou en jou geliefdes.

Dit gebeur makliker as wat ’n mens dink. In Brittanje is daar jaarliks 68 000 huisbrande, met die meeste wat in die kombuis ontstaan.

Die jongste beskikbare statistiek vir Suid-Afrika wys in 2007 het 376 mense in brande gesterf: 86 van hulle in huise in formele woongebiede, 108 in informele buurte en 12 in woonstelle.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 5 Augustus 2010

Bespreek vir Skouspel!