Marlene was keelvol vir haar werk en nou weet haar baas dit beslis ook! Kaitlyn McGrory se ouma was siek en sat vir haar werk en het besluit om te bedank. Toe skryf sy vir haar baas die soort bedankingsbrief wat ons almal graag sou wou. Kaitlyn, wat van Glasgow is, het ‘n foto van die fantastiese brief op haar Twitter-rekening gedeel.

“Die werk is aaklig en ek gaan loop. Ek gaan nie terug wees na die 30ste Junie nie. Ek kan nie wag nie. Voorspoed met die soek na ’n nuwe werknemer wat die plek gaan skoon maak. Groete, Marlene," skryf sy.

Sy het haar brief met ’n vrolike “yee ha” geëindig.

Tot nou toe is dit nie seker hoe haar baas, ene mnr. MacGillivray, voel oor Marlene se weggaan nie.

Sal jy dit waag?

Bronne: Metro.co.uk, Viral Thread, Telegraph