Henry Warren, ’n Londense pa van drie en die tandemuis se ‘agent’, moes onlangs ’n baie formele brief aan een van sy kinders, Sam (8), oorhandig waarin hy ferm oor sy slegte tande aangespreek is.

Barry T. Tooth Fairy, die Engelse eweknie van die Suid-Afrikaanse tandemuis, het aan jonge mnr. Warren ingelig dat betaling in ruil vir sy tand ’n rukkie langer sal duur “vanweë die toestand waarin ons die tand gevind het”.

Barry openbaar begrip vir normale tekens van gebruik wat tande aanbetref, maar dié tand moes na ’n komitee verwys word vir verdere analise.

In die brief word gebrekkige aandag aan die tand die stap genoodsaak het. Daar is tekens van ’n soet gaskoeldrank, ontbytgraan en sjokolade aan Sam se tand gevind - ’n teken dat hy nie sy tande goed genoeg geborsel het nie.

Barry is gelukkig nie heeltemal ongenaakbaar nie. Die tand word hierdie keer nog aanvaar, maar in die toekoms mag die jonge oortreder nie so gelukkig wees nie.

Henry het aan BuzzFeed gesê niemand is ooit te jonk om aan burokrasie bekend gestel te word nie.

Volgens hom is die departement van tandemuise is nie immuun teen spaarsamigheid nie.

“Barry werk lang uur, sy vergoeding is power (gratis tandheeldienste is natuurlik ’n bonus) en dis in die algemeen ’n tawwe werk.

Henry se goeie verhouding met die Barry het ander ouers heerlik vermaak én inspireer.

Ongelukkig is die tandemuis nie immuun teen misdaad nie!

Op 31 Maart vanjaar het Kennie Owen (38) deur die Coy-gesin van Lincolnshire, Engeland, geklim terwyl hulle geslaap het.

Hy het Lydia (9) se nuwe skooltas en William (5) se blikkie waarin hy onder andere sy tandemuis-geld gebêre het, gesteel.

Owen is vasgetrek en is in Julie vanjaar drie jaar lank tronk toe gestuur.

Bronne: lincs.police.uk, buzzfeed.com, indy100.com, rssbeingmom.com