Katy Perry skryf haar obsessief-kompulsiewe gedrag aan haar kinderjare toe.

Die 28-jarige sangeres het verklap sy ly aan obsessief-kompulsiewe steuring (OKS). Die mediese toestand laat haar angstig raak as haar normale roetine versteur word en sy meen dit het in haar kinderjare die eerste keer kop uitgesteek.

Sy het aan die Britse uitgawe van die tydskrif Elle gesê: “Ek doen vreemde goed . . . moet alles toeknoop en kleurkoördineer en op ’n sekere manier ophang. Wanneer goed in jou kinderjare buite beheer is, vind jy goed om op te fokus.”

Die sangeres het in ’n streng Christelike huis grootgeword. Sy het al voorheen onthul sy sukkel om te lees, want “sy het nie veel skoolgegaan nie” omdat haar gesin gedurig in Amerika rondgetrek het toe sy klein was.

Sy het ook al gesê: “Ek het ’n leesprobleem. Ek het nie goeie skole bygewoon nie, want my ouers het nie in openbare opvoeding geglo nie. Hulle wou hê hul godsdiens moes die opvoeding beïnvloed; daarom het ek sulke skole bygewoon wat helfte opvoeding helfte geloof was. Dit was ’n opwipwinkel-soort opvoeding.”