Hulle het glo besluit hulle is nog nie gereed om hulle volkome aan mekaar toe te wy nie. “Hulle hang net uit. Hulle wil dit nie nou ’n naam gee nie,” het ’n bron aan E! News gesê. Katy het glo nadat hulle in Maart uitgemaak het van haar “woede” ontslae geraak op ’n oefenfiets en by die Soul Sanctuary-spa in Los Angeles kop skoongemaak. 

“Katy glo die oefeninge het haar gehelp om van haar woede, stres en spanning weens die verbrokkelde verhouding ontslae te raak,” vertel ’n bron. “ ’n Paar jaar gelede sou sy van die spanning ontslae geraak het deur klubs toe te gaan en heelnag te dans. Maar sy raak ouer en wil dinge op ’n gesonder manier doen.”

’n Goeie pel van die ster het vroeër voorspel die paartjie gaan weer opmaak: “Dis nog nie verby tussen die twee nie. Ons moet maar wag en kyk wat gebeur.”