Die sangeres van die treffer Roar se rekening is Maandag oorgeneem toe ’n boodskap aan haar 89 miljoen volgelinge uitgestuur word wat lui: “Ha-ha, volg @sw4ylol #hackersgonnahack.” Die gebruiker @sw4ylol is glo van Roemenië en het die rekening maar ’n paar dae gelede begin kraak. Maar nadat die boodskap van Katy se blad gestuur is, het die anonieme gebruiker ’n twiet op hul eie rekening gestuur wat lui: “Wie de hel is Katy Perry.”

Blykbaar weet @sw4ylol goed wie die popster is, want hulle het ’n onuitgereikte snit deur Katy met die titel Witness 1.3 deur middel van ’n SoundCloud-skakel uitgelek.

Lees ook: Bekende ster word aangekla vir besit van kinderpornografie

Terug op Katy se blad het die kraker ’n rits vulgêre en niksseggende twiets gestuur.

Die gebruiker het ook geskryf “miss u baby @taylorswift13”, wat blykbaar ’n poging was om die beweerde onenigheid tussen die twee vermaaksterre te laat opvlam.

Katy en Taylor het in September 2014 ’n uitval gehad nadat die Style-sangeres onthul het haar liedjie Bad Blood is geïnspireer deur haar vete met ’n medesangeres.

“Jare lank was ek nie seker of ons vriende is of nie,” het sy destyds aan die tydskrif Rolling Stone gesê. “Sy sou by prysuitdelingsgeleenthede na my kom en iets sê ek sou wegstap en dink: ‘Is ons vriende of het sy my pas die gemeenste belediging van my lewe toegesnou?’”

Die gerugte het gou opgeduik dat sy van Katy praat.

Lees ook: Aktrise ‘vind haarself’ op die spoor van Bybelse gebeure

Taylor het nie op die vals twiet gereageer nie. Dit is saam met die kraker se ander plasings uitgevee kort nadat dit geplaas is.

Katy se laaste egte twiet was sowat vyf uur voor die oorname. Toe het sy ’n boodskap van die Amerikaanse presidensiële kandidaat Hillary Clinton gedeel wat ontslape veterane op Amerika se Herdenkingsdag in herinnering geroep het.

Hillary het geskryf: “Ons gevalle helde verdien ons diepe dankbaarheid dat hulle hul lewe opgeoffer het om ons vryheid te beskerm, vandag en elke dag.

#MemorialDay.” Katy het bygevoeg: “Ja! Dankie aan die helde wat ons verloor het en (dié wat) steeds dien! Ons waardeer en eer julle vandag!”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder