Katy Perry het voorheen van Miley Cyrus en Taylor Swift se hare in haar handsak gehou.

Die Roar-sangeres, wat nou met die sanger en liedjieskrywer John Mayer uitgaan, het verklap sy het die jonger sangeresse ’n paar jaar gelede by die Grammy-prysaand in Los Angeles lokke van hul hare gevra.

Katy (28) het Dinsdagaand in Los Angeles tydens ’n onderhoud wat regstreeks op die internet uitgesaai is vir haar aanhangers gesê: “Een van die eerste kere dat ek na die Grammys toe is, het ek ’n aanttrekkamer met Miley Cyrus en Taylor Swift gedeel. Ek het elkeen ’n lok van hul hare gevra – wat vreeslik grillerig, maar wonderlik is.”

Sy het beweer sy het “strikkies aan (die lokke) gebind” en dit by die geleentheid in haar handsak gehou.

Sy het bygevoeg: “Dit was my geheimpie. Ek is vreemd verby!”

John (36) het in 2010 met Taylor (23) uitgegaan en sy het later die liedjie Dear John oor hul mislukte romanse geskryf. John het die liedjie as “goedkoop liedjieskrywery” afgemaak.

Hy het bygevoeg: “Ek was regtig onkant betrap en dit het my baie verneder op ’n tyd toe ek reeds afgekraak was. Ek bedoel, hoe sou gevoel het as iemand jou in die ribbes geskop het terwyl jy reeds lê?”