Die twee sterre het ’n uitval gehad toe Azealia die Umbrella-sangeres onder skoot kry vir opmerkings wat sy oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se omstrede verbod op immigrasie oor die naweek gemaak het.

I guess #AzeliaBanks was like two can play this game! #RiRi what's the new number I got the disconnect voice message ?

A photo posted by The Shade Room (@theshaderoom) on
Toe sy hoor die nuwe leier het ’n uitvoerende bevel onderteken waarvolgens Amerika se grense vir reisigers van Iran, Irak, Sirië en vier ander lande gesluit word, het Rihanna getwiet: “Gewalg. Die nuus is skrikwekkend! Amerika word reg voor ons oë vernietig! Wat ’n immorele vark moet jy wees om sulke snert in werking te stel!”
Haar kommentaar het Azealia, wat ’n aanhanger van Trump is, woedend gemaak en sy het uitgevaar teen Rihanna en ander glansmense wat teen die president se immigrasiebeleid gekant is, en voorgestel hulle moet almal “stilbly en gaan sit”.

A video posted by The Shade Room (@theshaderoom) on

Sy het bygevoeg: “Hou op om die president te berispe. Dis verspot en pateties om te aanskou. Al die verwarde mense verwar ander verwarde mense. Om te hoop die president misluk, is soos om op ’n vliegtuig te klim en te hoop die vlieënier maak ’n ongeluk. Wat laat julle dink Amerika gaan die Midde-Ooste inval en ’n spul k*k vernietig en onttrek sonder enige ware gevolge?” Azealia het ook daarop gewys dat Rihanna nie eens ’n Amerikaanse burger is nie en aangevoer sy het geen reg om op Trump se immigrasie-stappe kommentaar te lewer nie. Rihanna het gereageer deur ’n foto op Instagram te plaas van waar sy haar lippe tuit en bygevoeg: “Die gesig wat jy trek as jy ’n immigrant is”, terwyl sy ook die spot gedryf het oor Azealia se onlangse heksery-herrie toe sy ’n video van haarself deel wat ’n kas skoonmaak wat sy gebruik het om hoenders in te offer.

the face you make when you a immigrant ?? #stayawayfromthechickens #iheartnuggets #saveourhens.

A photo posted by badgalriri (@badgalriri) on

Azealia wou nie die vete laat vaar nie en het behoorlik tekere gegaan. Sy het toe Rihanna se foonnommer gedeel en bygevoeg: “Rihanna hou asseblief op om onnosel te wees en lees ’n paar boeke. Ek smeek jou.”

Dit is die rapper se jongste vete met ’n bekende. Sy het ook al na Iggy Azalea, Russell Crowe en Zayn Malik gekap.

Verlede Oktober het Azealia beweer Russell het haar die n-woord toegesnou en gewurg voor hy haar tydens ’n partytjie by sy suite in die Beverly Hilton-hotel uitgedra het. ’n Bron na aan Russell het aan Us Weekly gesê sy was die een wat die n-woord op almal gegil het en het bygevoeg: “Russell het soos ’n held opgetree. Hy het ter verdediging van sy gaste opgetree en haar uit sy suite verwyder deur haar soos ’n beer te omhels en op te tel.” Cover Media

Twitter se reaksie