Die Suid-Afrikaanse model Katryn Kruger (18) wat tans in New York werk, het ’n paar foto’s van haar lewe in die stad op Instagram gedeel.

Dit lyk of sy sommer hope pret het en hard werk. Sy het ’n foto van ’n fotosessie met Marie Claire gelaai wat sy baie geniet het, asook foto’s is van Central Park en die besige strate van New York.

Katryn het aan die einde van graad 10 skool verlaat om aan haar loopbaan te werk, maar het in Junie vanjaar haar internasionale matriek deur Cambridge International Examinations voltooi.

[post-slider]